Swift

Swift word veral gebruik om gammaflitse te ondersoek.

Swift is die naam van ’n satelliet vir sterrekundige waarnemings, veral van sogenaamde gammaflitse (Engels: gamma-ray bursts of GRBs). Die volle Engelse naam is die Swift Gamma-Ray Burst Mission; dit is genoem na die vinnige swaaivermoë van die satelliet se instrumente asook na die windswaels, ’n familie voëls wat in Engels swifts genoem word.[1]

Die Swift is op 20 November 2004 gelanseer. Die hoof van die sending is Neil Gehrels van Nasa se Goddard-ruimtevlugsentrum en die projek is deel van ’n samewerkingsooreenkoms tussen Goddard en ’n internasionale konsortium van die VSA, Brittanje en Italië. Die sending word bestuur vanaf die Universiteit van Pennsilvanië.

  1. J.D. Myers (26 September 2007). "Swift Guest Investigator Program Frequently Asked Questions" (in Engels). NASA/GSFC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2013. Besoek op 2 Mei 2009.

Developed by StudentB